Rooibok (André van Ellinckhuyzen)
Product description
‘n Versnit van fiksie, feite, ware asook fiktiewe karakters, historiese figure en gebeure, vir ‘n lekkerlees ervaring.
Geïnspireer deur die ‘mensegraf’, van die Oorlogperd ‘Rooibok’ op ‘n plaas geleë in een van die vele geskiedkundige omgewings, op die oewers van die Buffelsrivier (Inyathi) en die Bloedrivier (Ncome) in die Noordelike areas van KwaZulu Natal. Die storie speel af in ‘n tydperk vanaf net voor 1900, deur die konflikjare van die Anglo-Boereoorlog, die Eerste en Tweede Wêreldoorloë en tye van vrede, swaarkry, geluk, hartseer, konflik, hoop en voorspoed, tot in die sestiger jare.
Met sy oorsprong op ‘n plaas, in die distrik van De Jagerdrift, neem hierdie storie die leser op ‘n reis na die omliggende dorpe van Vryheid, Dundee, Utrecht, Ladysmith en na Harrismith in die Vrystaat. Na die oorlogslagvelde van Talana, Colenso, Elandslaagte, Platberg en Spioenkop. Plesier, nostalgie en spookasem op Durban se strand, in die tye toe ons mense nog vir ‘n vakansie met die trein see toe kon reis. Na die tyd voor die bestaan van kitskos restaurante, toe ons nog veilig langs die stofpad kon afpak, vir ‘n familie piekniek.
Die leser word saamgeneem op die lewensreis van Lodewyk Spies, ‘n man gevorm deur sy herkoms, geloof, landbou, liefde, kinders, plesier, harde werk, teleurstellings, die verwoestende werke van ‘n oorlog, swaarkry, ‘n weer begin, die afstaan van geliefdes aan die dood, ontmoeting met ander tale en kulture, hartseer, verlange, nostalgie, berusting en vrede.