Kromruggens

Kromruggens (Martin van Rensburg)
R250,00 incl VAT

Product description

Kromruggenslê mooi tussen niks en nêrens.

Dis ’n distrik van klein dorpies, lang paaie en stof, kerke en kroeë, algemene handelaars en mense wat mekaar se sake ken voordat hulle self daarvan gehoor het. Van Tweeput tot Vêrgenoeg, deur Sanniesherberg en verby plekke wat nie altyd op ’n kaart hoort nie, leef gewone mense met buitengewone geheime.

Hier ontmoet jy ’n hele stoet karakters wat bewys dat waarheid in ’n klein dorp meestal net die eerste weergawe van die storie is.

Kromruggens is ’n versameling verweefde Afrikaanse verhale waarin humor, skinder, verlies, liefde, hebsug, bygeloof en gewone menslikheid deur dieselfde stofstrate loop. Party stories laat jou lag. Ander byt ’n bietjie dieper. En soms kom jy eers ’n paar bladsye later agter dat die grap eintlik op iemand anders, of dalk op jou, was.

Want oral waar mense saamwoon, ontstaan stories. En oral waar stories vertel word, verander die waarheid ’n klein bietjie op pad huis toe.

Baie stories. Een distrik. Meer as een waarheid.



Products specifications
CategoryFiction
AuthorMartin van Rensburg
ISBN9781996774045
Book DetailsPaperback / 346 Pages / Black & White Text / Creamy Bond Paper
Size 198 x 130mm
LanguageEnglish
Product tags